|In Afrikaans|
Organiese Hoender Mis
Hierdie produk bestaan uit mis vanuit braaikuikenhokke, waar dit na 'n agt weke siklus tesame met gemorste kos en skropmateriaal uitgelaai en dan, volgens 'n anaerobiese fermentasie proses, 'n bemestingsmateriaal word.
In die hoender huis bly die skropgoed met mis droog. Die gevolg hiervan is dat daar min verlies van stikstof (N) is en geen vermenigvuldiging van skadelike parasietiese mikro-organismes nie. Geen chemikaliee of insekdoders word ingemeng nie.
Voeding en bestuur van die braaikuikenmis bly op 'n konstante hoë pyl, met die gevolg dat die ontleding van die mis ook redelik konstant bly en verseker dat die organiese misstof hoog in plantvoedsel bly.
Die plantvoedsel in die organiese misstof is betreklik stabiel in organiese vorm en word nie maklik in die grond vasgele of uitgeloog nie. Dit stimuleer mikro-organismes, met die gevolg dat plantvoedsel stadig oor die plantseisoen vrygestel word. Grondvrugbaarheid kan nie net aan N, P en K toegeskryf word nie. Grond moet lewe hê; organiese materiaal, veral hoendermis, stimuleer grond mikro-organismes wat noodsaaklik is vir vrugbare grond. Ons organiese misstof gee lewe aan grond.
Ons organiese misstof is geskik vir gebruik op alle grondtipes en gee veral besondere goeie resultate op swak grond, asook besproeiingsgrond, waarna hoë opbrengste gemik word.
Ons organiese misstof het geen onkruid nie. |